... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ope Dag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 2:46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet.

Listen to the radio broadcast of

Ope Dag


Download audio file

Wat beteken die woord “kerk” vir jou? Is dit ‘n gebou (vir baie mense is dit). Is dit die tradisionele diens wat jy op ‘n Sondag bywoon? Of is dit ‘n instelling, ‘n gesin, of … wel, wat beteken “kerk” vir jou?

Deesdae lyk dit of die tradisionele siening van “kerk” besig is om ineen te stort. Baie van God se mense dryf weg. Party mense sal selfs so ver gaan om te sê hulle is klaar met speletjies. Ander sal jou vertel dat hulle by die kerk seergekry het. Miskien het die onlangse pandemie sy rol gespeel. . . 

Wat van jou? Wat beteken “kerk” vir jou? Wat is jou verhouding met die familie van gelowiges in Jesus Christus? Terwyl jy jou antwoord op hierdie vraag oorweeg; kom ons kyk hoe dinge in die vroeë kerk gedoen is. Ons lees in: 

Handelinge 2:46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet.

Ons word minstens dertien keer in die Nuwe Testament vertel dat gelowiges van “huis tot huis” ontmoet het, of dan meer spesifiek, in onder andere Cornelius of Maria of Lydia of die tronkbewaarder se huis.

Wat ook al die vorm is wat jou kerk vir jou aanneem, is daar drie dinge wat jy as gelowige, as dissipel van Jesus Christus, nooit moet verwaarloos nie:

Die eerste, is om ‘n kragtige gemeenskaplike doel te hê om as broers en susters in die geloof, mekaar aan te moedig om ander mense van Jesus te vertel. Tweedens, om tyd saam deur te bring, en derdens, net so belangrik, is om met vreugde en vrolikheid in mekaar se huise saam te eet. 

Ja, kerk behels aanbidding, kerk behels leer, maar kerk is ook om werklik mens te wees, ‘n gesin te wees en om ‘n gemeenskaplike doel te hê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.