... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Outydse Wysheid (1)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 2:1,2 Maar jý moet die soort leefstyl bevorder wat die gesonde leer weerspieël. Leer die ouer mans om selfbeheersing te beoefen, om respek te verdien, en om verstandig te lewe. Hulle moet ’n gesonde geloof hê en vervul wees met liefde en geduld. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Outydse Wysheid (1)


Download audio file

Het jy al ooit ‘n ou boek opgetel, dit gelees en by jouself gedink, my aarde, dit is so outyds! Daardie sienswyse van toentertyd … is vandag darem absoluut irrelevant. Die wêreld waarin ons leef het heeltemal verander!

Elke nou en dan sal iemand ‘n advertensie uit ‘n ou koerant op die sosiale media platform plaas. Ek het een raakgeloop wat wys hoe mense die rol van vroue in die 1950’s beskryf het. ‘n Vrou se plek is in die huis. ‘n Vrou moet stofsuig, skoonmaak en koskook. Jy sal dit nie vandag waag om so iets te sê nie!

En net so wil dit lyk asof die manier waarop die Bybel geslagsrolle sien, in skrille kontras staan met wat hier in die 21ste eeu as die norm beskou kan word.

Ons gaan vandag, en oor die volgende paar dae, na ‘n bietjie ‘outydse’ wysheid, as ek dit so mag noem, oor die rol van mans en vroue in vandag se wêreld afskop met hierdie versies in:

Titus 2:1,2 Maar jý moet die soort leefstyl bevorder wat die gesonde leer weerspieël. Leer die ouer mans om selfbeheersing te beoefen, om respek te verdien, en om verstandig te lewe. Hulle moet ’n gesonde geloof hê en vervul wees met liefde en geduld. (NLV)

Die Bybel is baie prakties. Paulus praat met sy leerling Titus, en sê dat hy almal moet leer om volgens God se Woord te lewe.

Hy begin met die belangrikste van alle mense, die ouer manne. Hoekom? Want hulle rol is om ’n voorbeeld te stel. Hulle rol is letterlik om rolmodelle te wees.

Ouer manne, hy praat vandag met julle: Mense hou julle dop; luister dus na hierdie outydse stukkie raad. Pas selfbeheersing toe. Wees ernstig, wees wys en sterk op hierdie drie terreine – geloof, liefde en geduld. Mense kyk na julle.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly