... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Outydse Wysheid (3)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 2:5 ...en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Outydse Wysheid (3)


Download audio file

Goed, vandag … vandag kry jy ‘n super dosis van die polities aanvegbare medisyne. En dit kom reguit uit God se Woord. Trouens, dit is ‘n twispunt tussen ‘n Bybelse en ‘n hedendaagse sekulêre wêreldbeskouing.

Ja, ons praat inderdaad van die rol van ‘n vrou in vandag se wêreld. Wel, dit hang nogal baie daarvan af waar jy vandaan kom. Kulture het verskillende uitgangspunte in hierdie verband. Deesdae is daar al hoe meer dames wat twee rolle vertolk – dié van ‘n beroep en ook dié van tuisteskepper.

Gister het ons gesels oor die rol van die ouer vroue om rolmodelle vir die jonger vroue in die samelewing te wees en om hulle te leer wat goed is. Maar nou kom ons by die intens, polities aanvegbare gedeelte in:

Titus 2:5 en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie. (NLV)

Toe dit in die 1ste eeu nC geskryf is, was ‘n vrou se rol in die huis; om te kook, skoon te maak, babas te kry en groot te maak. Dinge het nogal baie verander sedertdien. Nouja… wat maak ons hier in die 21ste eeu nC, met hierdie vers in die Bybel, hm?

Al het die konteks verander, het vroue steeds ‘n kragtige, prominente rol in die gesinslewe. As man, is ek lief daarvoor om my vrou te dien. En as vrou, is my vrou lief om my te dien. Ons doen dit op ‘n heel verskillende wyses, maar tog dien ons mekaar; ons sorg vir mekaar soos wat ons altyd veronderstel was dit om te doen.

Vroue, wees wys. Wees rein. Sorg vir julle huise. Wees vriendelik en wees bereid om julle mans te dien.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly