... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Outydse Wysheid (4)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 2:6,7 Net só moet jy die jonger mans aanmoedig om met selfbeheersing te lewe in alles. Jy moet ’n goeie voorbeeld stel, suiwerheid in die leer handhaaf, (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Outydse Wysheid (4)


Download audio file

Monogamie is een van die Christendom se grootste bydraes tot die samelewing waarin ons vandag leef. Dit het ongelooflike voordele meegebring, omdat dit van mans vereis om liefde vir een vrou te toon, om haar te dien en om selfbeheersing in verhoudings tot ander vroue uit te oefen. 

Dinge is natuurlik nog ver van perfek af wanneer dit by man-vrou-verhoudings kom. In die meeste lande het vroue steeds in werksituasies, ten opsigte van inkomste en op baie ander vlakke nie dieselfde voordele as mans nie. En ja, baie, baie mans het steeds nie selfbeheersing geleer nie. Baie van hulle het ook nog nie, soos God dit altyd bedoel het, dié soort wysheid ontwikkel wat nodig is om vroue met liefde en respek te behandel nie.

Ons het die afgelope paar dae deur ‘n paar verse gewerk oor ouer mans en -vroue as rolmodelle, en hul plig om jonger mans en vroue te leer hoe om op te tree.

Titus 2:6,7 Net só moet jy die jonger mans aanmoedig om met selfbeheersing te lewe in alles. Jy moet ’n goeie voorbeeld stel, suiwerheid in die leer handhaaf, (NLV)

Of jy dit nou wil weet of nie, mans is oor die algemeen fisies sterker as vroue. Dit het in antieke tyd tot baie wreedheid teenoor vroue gelei – en op sommige plekke, in sommige huwelike, en in sommige verhoudings is dit ongelukkig vandag nog die geval.

Alhoewel daardie vers tweeduisend jaar gelede geskryf is, geld die beginsel vir jong mans om wys te wees, vandag nog. Julle ouer manne, julle behoort hulle rolmodelle te wees. Julle moet hulle leer hoe om ‘n vrou te behandel, deur hoe júlle vrouens behandel.

As die ouer manne vandag deur hul goeie voorbeeld die jonger manne doelbewus, vriendelik maar ferm geleer het om wys, eerlik en ernstig te wees; dan sou dit ‘n heel ander wêreld gewees het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly