... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Plaas Jouself in Sy Posisie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 4:15 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.

Listen to the radio broadcast of

Plaas Jouself in Sy Posisie


Download audio file

Jy het ongetwyfeld al gehoor dat om iemand te verstaan, jy jouself in sy posisie moet plaas. Met ander woorde, probeer om die saak vanuit sy perspektief te sien, voordat jy oordeel.

Gister het ons gesels oor hoe geredelik ons ander mense oordeel – ons oordeel hulle volgens hoe hulle lyk en wat hulle sê en doen. Die eerste stap om iemand werklik te leer ken, is om oordeel te weerhou. Die tweede is om hulle situasie in aanmerking te neem, met ander woorde, om die saak vanuit hulle perspektief te sien.

 En, as jy daaraan dink, is dit presies wat Jesus vir mense soos ek en jy, gedoen het. Ons sien in:

Hebreërs 4:15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.

Ja, ons verstaan dat God ons geskape het; dat Hy weet hoe ons voel en waarom ons optree soos ons optree, want God is God en Hy weet alle dinge. Tog het Jesus, toe hy ‘n mens geword het, gekies om die saak vanuit ons perspektief te beskou.

God verstaan nie slegs hoe dit vir ons is om mens te wees omdat Hy God is nie, maar omdat Hy ook ‘n mens geword het.

Ons verstaan nie alle dinge soos Hy nie, maar ons kan kies om dinge vanuit die ander persoon se perspektief te sien; om hulle versoekings te verstaan, om begrip te probeer hê vir die omstandighede waardeur hulle gaan.

En watter doel dien dit? Dit gee ons die geleentheid om hulle as mense te sien, sodat ons hul stryd kan begryp en sodat ons empatie met hulle kan hê.

Jesus gee vir ons kragtige voorbeelde van hoe om verhoudings met diegene rondom ons te hanteer – om onsself in hulle posisie te plaas.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.