... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Plaas ‘n Wag Voor jou Mond

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 29:11 ‘n Dwaas bars uit in woede. Iemand wat wys is, hou homself in toom.

Listen to the radio broadcast of

Plaas ‘n Wag Voor jou Mond


Download audio file

Familiebyeenkomste, soos Kersfees, kan tot groot seën wees. Dis wonderlik om jou geliefdes, wat jy dalk lanklaas gesien het, weer te sien en in te haal op al die nuus. Ja, dit is wonderlik … totdat spanning ontstaan en totdat iemand iets doen of sê wat iemand anders ontstel.

Julle weet almal waarvan ek praat, nie waar nie? Die feit van die saak is dat die meeste van ons al jare lank in ‘n familieband saamgegooi is. Dit is soos die ou Chinese water-martel-effek: daardie drup, drup, drup van ‘n persoon. Sy ou irriterende swakhede, dieselfde ou swakhede, dieselfde ou blindekolle kan jou mal maak.

En al is jy hoe slim, en hoe oulik of hoe wonderlik, die selfde ou irritasie in daardie persoon se persoonlikheid of gedrag, gaan jou laat reageer. En voor jy jou oë kan uitvee, hang die onenigheid soos ’n donker wolk oor jou Kersfees. Dit bederf die tyd wat geseënd en spesiaal moes gewees het. Nog ‘n Kersfees is verwoes.

Ek het nou die dag van oor tot oor geglimlag toe ek op die stukkie wysheid afkom: die vermoë om verskeie tale te praat is ‘n bate, maar die vermoë om jou mond in enige taal te hou, is onskatbaar.

Hoekom amuseer dit ons? Omdat ons dit maar al te goed verstaan, nè? Ons kan almal terugdink aan tye wat, as ons net ‘n wag voor ons mond geplaas het, dinge soveel beter sou gewees het.

Spreuke 29:11sê: ‘n Dwaas bars uit in woede. Iemand wat wys is, hou homself in toom.

As jy dus jou Kersfees saam met iemand gaan deurbring wat jou gewoonlik irriteer, dink net terug aan hierdie stukkie van God se wysheid om na die etenstafel te neem.

‘n Dwaas bars uit in woede. Iemand wat wys is, hou homself in toom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.