... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Radikale Genade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 13:14-17 Die hoof van die sinagoge was verontwaardig omdat Jesus op die sabbatdag iemand gesond gemaak het. Hy sê toe vir die mense: “Daar is ses dae in die week waarop 'n mens moet werk. Julle moet op een van daardie dae kom om julle te laat gesond maak, nie op die sabbatdag nie.” Toe sê die Here vir hom: “Julle huigelaars! Maak elkeen van julle nie op die sabbatdag sy bees of sy donkie van die krip los en lei hom weg om hom te laat suip nie? En hier is 'n vrou, 'n kind van Abraham, wat werklik al agtien jaar lank deur die Satan gebind is. Mag sy dan nie op die sabbatdag van hierdie band losgemaak word nie?” Deur dit te sê, het Jesus al sy teenstanders laat skaam kry, maar die hele skare was bly oor al die wonderbaarlike dinge wat Hy gedoen het..

Listen to the radio broadcast of

God se Radikale Genade


Download audio file

Hier is ons reeds aan die begin van hierdie snaakse wekie tussen Kersfees en Nuwejaar. Dit skep ‘n gevoel van afwagting en ‘n mate van onsekerheid, terwyl ons terugdink aan die jaar wat verby is, en uitsien na die jaar wat kom.

As jy die afgelope week saam met my kon kuier, sal jy weet dat ons oor genade gesels het. Ja, God se genade is groot. Dit is lewensveranderend. Kom ons val met die deur in die huis, want hierdie radikale genade van God is daar om die lei van jou sonde skoon te vee en die deur oop te maak vir ‘n radikaal veranderde lewe wat voorlê. En ons praat nie net van ‘n verandering in teorie nie, maar ook in praktyk. Wees radikaal dapper en beleef ‘n ingrypende deurbraak:

Lukas 13:14-17 Die hoof van die sinagoge was verontwaardig omdat Jesus op die sabbatdag iemand gesond gemaak het. Hy sê toe vir die mense: “Daar is ses dae in die week waarop ‘n mens moet werk. Julle moet op een van daardie dae kom om julle te laat gesond maak, nie op die sabbatdag nie.” Toe sê die Here vir hom: “Julle huigelaars! Maak elkeen van julle nie op die sabbatdag sy bees of sy donkie van die krip los en lei hom weg om hom te laat suip nie? En hier is ‘n vrou, ‘n kind van Abraham, wat werklik al agtien jaar lank deur die Satan gebind is. Mag sy dan nie op die sabbatdag van hierdie band losgemaak word nie?” Deur dit te sê, het Jesus al sy teenstanders laat skaam kry, maar die hele skare was bly oor al die wonderbaarlike dinge wat Hy gedoen het.

Jesus het daardie vrou genees ondanks die feit dat dit teen die godsdienstige reëls was. Dis radikale genade, dieselfde genesende genade wat Hy vir jou gereed het.

’n Radikale Jesus. ’n Radikale genade. Dit is gereed, dit wag … vir jou.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.