... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Toeval of Karma?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Daniël 4:34,35 “Toe die vasgestelde tyd verby was, het ek, Nebukadnesar, na die hemel opgekyk om hulp en het ek my verstand teruggekry. Ek het die Allerhoogste geprys, ek het Hom wat ewig leef, geloof en geëer. Aan sy heerskappy is daar geen einde nie, sy koninkryk bestaan oor al die geslagte heen. Teenoor Hom is al die bewoners van die aarde soos niks; Hy doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde. Daar is niemand wat Hom daarvan kan weerhou en vir Hom kan sê: ‘Wat doen U?’ nie.

Listen to the radio broadcast of

Toeval of Karma?


Download audio file

My ma het elke oggend ‘Die Sterre Voorspel’ in die koerant gelees. Dit is iets waaroor ons gereeld, toe ek ‘n kind was, oor ‘n koppie tee gesels het. Daar kan tog sekerlik geen kwaad daarin wees nie?

Dink jy daar is fout met ‘n horoskoop? Wel, die waarheid is, dat dit ‘n gruwel vir God is, want dit behels dat ons ons vertroue in iets anders as in Hom plaas.

Dieselfde geld vir karma, geluk, joga … ‘n hele klomp oënskynlik onskadelike dinge wat hul wortels diep in ander gelowe het. Dit behels dat jy jou geloof in ander dinge as God self plaas.

Nebukadnesar was die koning van Babilon. Hy het homself omring met heksery, towenaars en waarsêers. Hy het selfs ‘n groot goue standbeeld van homself laat oprig en geëis dat almal voor dit moet neerbuig en dit aanbid. Maar na ‘n kragtige, lewensveranderende ontmoeting met die lewende God deur Daniël en sy vriende, het hy in

Daniël 4:34,35 gesê: “Toe die vasgestelde tyd verby was, het ek, Nebukadnesar, na die hemel opgekyk om hulp en het ek my verstand teruggekry. Ek het die Allerhoogste geprys, ek het Hom wat ewig leef, geloof en geëer. Aan sy heerskappy is daar geen einde nie, sy koninkryk bestaan oor al die geslagte heen. Teenoor Hom is al die bewoners van die aarde soos niks; Hy doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde. Daar is niemand wat Hom daarvan kan weerhou en vir Hom kan sê: ‘Wat doen U?’ nie.

Of, soos Dr Stephen Lawson dit stel: Die Here regeer. Nie Satan nie, nie die mens nie, nie God EN die mens nie, nie “die geluksgodin” “of ongeluksgodin” nie, nie toevallige gebeure nie, nie lukrake omstandighede nie, nie die belyning van die sterre nie, nie ongelukke nie, nie noodlot nie, nie goeie of slegte karma nie; Net God en God alleen!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly