... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vals Profete en Vals Gode

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium 13:1-4 Sê nou maar daar is ’n profeet by jou of iemand wat drome droom oor die toekoms. Sê nou so iemand maak beloftes oor tekens en wonders en die voorspelde tekens en wonders gebeur en die profete sê dan: ‘Kom ons gaan agter ander gode aan,’ gode wat jy nooit geken of gedien het nie, dan moet jy nie na die woorde van daardie profeet of uitlêer van drome luister nie. Die Here jou God toets jou net om te wete te kom of jy Hom met hart en siel liefhet. Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Vals Profete en Vals Gode


Download audio file

Iets wat van kleins af in ons ingedril is, is dat ons suksesvol moet wees. In ons begeerte na sukses, word ons baie maklik deur mense en dinge beïnvloed om vals gode in ons lewens toe te laat. Dis so … so … maklik!

Sommige van die grootste, en op die oog af, die mees “suksesvolle” kerke op die planeet het bekendheid verwerf deur oneerlike leierskap wat mense lei om vals gode te aanbid. Hulle propageer vals waardes: soos ‘n strewe na welvaart, ‘n owerspelige alles-is-toelaatbaar-leefstyl, tot selfs die mantra van solank jy net gesond, ryk en slim is, is alles klop-disselboom. Die leiers daar buite gebruik enigiets denkbaar om mense binne en buite die kerk te mislei om valse gode te aanbid.

Maar wag, hoekom laat God dit toe? Hoekom keer Hy hulle nie? Wel, Hy het ‘n rede, ‘n baie goeie rede. Hier is dit:

Deuteronomium 13:1-4 Sê nou maar daar is ’n profeet by jou of iemand wat drome droom oor die toekoms. Sê nou so iemand maak beloftes oor tekens en wonders en die voorspelde tekens en wonders gebeur en die profete sê dan: ‘Kom ons gaan agter ander gode aan,’ gode wat jy nooit geken of gedien het nie, dan moet jy nie na die woorde van daardie profeet of uitlêer van drome luister nie. Die Here jou God toets jou net om te wete te kom of jy Hom met hart en siel liefhet. Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. (NLV)

Hoekom laat Hy toe dat dit gebeur? Om ons te toets. Om jou en my te toets. Is ons bereid om Hom met ons hele hart en siel lief te hê, om Hom te volg, Hom te respekteer, en Hom te gehoorsaam, wat dit ook al van ons vra … of nie?

Moenie na mense luister wat jou met valse leerstellinge beïnvloed nie. Moenie valse gode aanbid nie. Volg maar net die Here jou God en eer Hom.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.