... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vergewe Sonder Vergelding

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:13,14 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

Listen to the radio broadcast of

Vergewe Sonder Vergelding


Download audio file

Daar is soveel verskillende maniere om die mense rondom ons lief te hê. En God begeer dat ons mekaar met liefde moet behandel. Nou-ja, wat doen jy as ‘n verhouding tot niet gaan?

Dis ‘n ingewikkelde vraag, nè? Dink asseblief aan die slegste en seerste verhouding in jou lewe vandag. Ek weet jy het een; ons het almal. Sien daardie persoon se gesig vir ‘n oomblik in jou gedagtes.

Watter gevoelens wek daardie persoon in jou op? Woede, pyn, vrees … ‘n begeerte na vergelding, selfs na wraak? Dit is almal redelik natuurlike reaksies teenoor iemand wat jou seergemaak het. En hoe meer onlangs dit gebeur het, hoe seerder maak dit, nie waar nie?

Met my hele hart weet ek dat God jou wil bevry van al daardie negatiewe emosies – die vrees, die woede, en daardie vernietigende onvergewensgesindheid wat jou onderkry. Kom ons lees in:

Kolossense 3:13,14 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

Vergifnis. Dit is die sleutel wat jou sal vrymaak. Ons kan kies om daardie persoon as ‘n mens te sien – met al die swakhede wat in ‘n mindere of meerdere mate maar net deel van menswees is.

En wanneer ons hulle uit die beskuldigingsbank laat kom, en hulle sien as ‘n mens wat foute gemaak het, net soos ons ook baie foute gemaak het, verdwyn die woede en kry ons dit reg om hulle te vergewe.

“Hoekom moet ek dit doen?” mag jy vra. Omdat die Here jou vergewe het. Dit het Hom sy lewe gekos. Moet dus nie kwaad wees nie, vergewe mekaar. Vergewe hulle, want die Here het jou vergewe.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly