... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verskillende Perspektiewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 15:37-39 Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met 'n skip na Siprus toe vertrek.

Listen to the radio broadcast of

Verskillende Perspektiewe


Download audio file

Dit verbaas my hoe twee mense twee heeltemal verskillende dinge kan sien, wanneer hulle na dieselfde kwessie, na dieselfde saak, selfs na dieselfde voorwerp kyk. Hoekom gebeur dit? Sê my, hoe gebeur dit?

Ek was onlangs by ‘n konferensie en die vrou wat langs my gesit het, het presies dieselfde model selfoon as ek gehad. Ons het hulle albei met die gesig na onder op die tafel voor ons neergesit.

Myne het ‘n netjiese vlootblou omslag gehad. Hare – o my aarde, ek ys as ek net daaraan dink – het ‘n deurskynende omslag, vol verskillende plakkers wat sy lukraak daaroor geplak het, gehad. Aaaaklig! Ek sou nooit met so ‘n deurmekaarspul kon saamleef nie!

Twee identiese fone, wat aan twee heeltemal uiteenlopende mense, met heeltemal uiteenlopende perspektiewe, behoort. En dis maar hoe die lewe is. Maar dis niks nie. 

Handelinge 15:37-39 Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met ‘n skip na Siprus toe vertrek.

Ja, hier het ons vir Paulus en Barnabas – twee groot karakters uit die Bybel – wat kragtig deur God gebruik is. En tog was hulle sondaars, net soos ek en jy. Hul verskille het op ‘n hewige argument uitgeloop.

Mense gaan altyd – glo my, altyd! – dinge vanuit verskillende perspektiewe bekyk. Maar ons moet nie toelaat dat dit argumente veroorsaak nie. Ons kan van mekaar verskil, maar ons kan dit in liefde doen.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.