... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Versmoor in die Besoedeling

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 5:19-21 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

Listen to the radio broadcast of

Versmoor in die Besoedeling


Download audio file

Sonde is ‘n woord waarvan die meeste mense nie hou nie. Dit laat ons gril. Dit klink so baie na daardie outydse, veroordelende godsdienstigheid. Ja, dit klink nogal so. Maar weet jy, sonde is ‘n woord wat God baie gebruik.

Ek bestee baie van my tyd om oor die hele wêreld rond te vlieg – Asië, Afrika, Europa, Noord-Amerika, die Stille Oseaan, Australië en Nieu-Seeland. Ek kan jou ‘n geheim vertel, daar is ‘n geweldige verandering in die lugruim.

‘n Paar jaar gelede was die besoedeling slegs rondom die groot stede sigbaar. Dit was seker te wagte. Maar meer onlangs, kan ek nie ‘n enkele keer in ‘n vliegtuig onthou, wat daar nie ‘n bruin waas oor die aardbol gehang het nie. Eerlikwaar, kan jy jou dit voorstel – in die middel van nêrens, oor sentraal Australië, die Stille Oseaan, of die Indiese Oseaan, oral, kruis en dwars, waarheen jy ook al deesdae vlieg, sien jy dit.

Ons is so besig om die lewe te geniet, dat ons nie oplet hoe besoedeling ons verswelg nie!

Dit blyk dat dieselfde ding in die lewe gebeur. Ons is so besig om te jol, te geniet wat ons goed laat voel, dat ons nie agterkom dat die afvalproduk besig is om ons ​​stadigaan dood te maak nie. Egskeiding. Perversiteit. Siekte.

Dit word sonde genoem.

Galasiërs 5:19-21 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

Sonde. Dit vernietig ons. Daarom het God vir Jesus gestuur.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.