... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vertragings, Vertragings, Vertragings

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.

Listen to the radio broadcast of

Vertragings, Vertragings, Vertragings


Download audio file

Kan ek jou vra om terug te dink aan die laaste keer wat jou planne uitgestel of gedwarsboom is? Hoe het jy gevoel? Hoe het jy gereageer? Wat het jy vir God gesê?

 

Het jy al opgemerk hoe dinge nie altyd volgens jou plan verloop nie? Jy sien al uit na die resultaat, maar jou plannetjies word dikwels vertraag. Dit is so frustrerend!   Ek weet ek nie van jou nie, maar as ek terugkyk op my lewe, sien ek hoe ek keer op keer vir God probeer vooruit loop het. As ‘n jong Christen in die Bybelkollege, was ek so opgewonde, so gereed om die wêreld in te gaan en groot dinge vir God te begin doen … of so het ek gedink. . .   Maar dit was nie God se tyd nie, en as ek daaraan terugdink, was ek beslis nie gereed daarvoor nie. Dit het agt jaar geneem waartydens Hy die noodsaaklike veranderinge in my aangebring het, voordat Hy my kon vrystel om hierdie werk te doen. Agt jaar kan soos ‘n leeftyd voel wanneer jy brand om aan die gang te kom. Maar glo my, God se tydsberekening is altyd perfek. Ons lees in:   Habakkuk 2:3 Die openbaring geld vir ‘n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.   Ons kan nie die groot prentjie sien nie. Ons wil hê dat dinge nou sus of so moet gaan. Nou dadelik!! Maar ons verstaan ​​nie dat die beproewings waardeur Hy ons lei, nodig is om ons gereed te maak nie.   God het ‘n plan vir ons lewens, joune en myne. Dit is ‘n goeie en perfekte plan en sy tydsberekening sal altyd absoluut onberispelik wees. Wees net geduldig. Dit sal beslis kom.   Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge