... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verwarring

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 13:12 Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

Listen to the radio broadcast of

Verwarring


Download audio file

Ek dink een van die grootste foute wat enigeen van ons kan maak, is om ‘n verkeerde beeld van Jesus te hê. Kom ons wees baie eerlik; baie mense is nie heeltemal gemaklik met die Jesus van die Bybel nie.

‘n Paar jaar gelede terwyl ek in die Verenigde Koninkryk was, het ek ‘n Kanadees met die naam, Gary, ontmoet. Die eienaardigste ding was, dat hy byna dieselfde gelyk het as Bob, ‘n liewe vriend van my, wat al ‘n paar jaar gelede oorlede is.

Dieselfde lengte, dieselfde gesig, dieselfde hare, dieselfde ouderdom, alles. Dit was ongelooflik. Elke keer as ek met Gary praat, voel dit asof ek met Bob praat. Ek moes baie hard konsentreer daarop, dat as ek met Gary praat, ek regtig met Gary praat.

Verstaan jy wat ek bedoel? Ons doen dit dikwels, of hoe?

Ons verwar die beeld van iemand anders met die gesig van die persoon reg voor ons, en dan behandel ons hom asof hy daardie ander persoon is.

Kom ons kyk na ons beeld van Jesus. Ek het jare gelede sekere mense hoor praat van Jesus en daardeur het ek ‘n wanvoorstelling van Jesus gevorm – ‘n kerklike figuur, ‘n religieuse beeld soos in ‘n  loodglasvenster.

Maar ander mense het gepraat van ‘n heel ander Jesus – ‘n slim, lewende persoon. ‘n Man wat melaatses genees het, lief was vir die ellendiges en iemand wat teen godsdienstige skynheiligheid opgetree het.

Hoe maklik is dit om verkeerd te oordeel? En wat kan die gevolge daarvan wees? Weet net dat ons eendag, die ware Jesus gaan ontmoet.

1 Korintiërs 13:12 Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.