... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vir Wie moet Jesus Tevrede Hou?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 6:38-40 Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan. Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.”

Listen to the radio broadcast of

Vir Wie moet Jesus Tevrede Hou?


Download audio file

As God maar net wil doen, wat ons wil hê Hy moet doen. As Jesus maar net wil opdaag en hierdie een ou probleempie kom oplos; dis mos maklik vir Hom om my te kom seën!! Het jy al ooit so gedink?

Kan ek jou ‘n geheim vertel? As jong gelowige het ek geglo dat ek baie, baie spesiaal was; dat God Sy towerstaf sal swaai om al my probleme te laat verdwyn; dat Hy my met ongekende rykdom en seëninge sou beloon.

Hoekom? Want dit is net wat ons geleer is om in hierdie wêreld te verwag. Maar jy sal seker nie verbaas wees om te hoor dat dinge nie heeltemal so uitgewerk het nie!

Nou ja, ek was geestelik onvolwasse, maar weet jy, ons het almal steeds daardie neiging om terug te keer na ‘n selfsugtige geloof. Hy het immers spesiaal vir ons na hierdie wêreld gekom, nie waar nie?

Ja, Hy het, maar op sy voorwaardes, nie op ons s’n nie:

Johannes 6:38-40 Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan. Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.”

Die leuen wat ons so graag wil glo, is dat Jesus ons op óns voorwaardes kom dien het. Maar dit is nie waar nie. Hy het gekom om sy Vader se wil te doen, naamlik om ons te red en om ons die Ewige Lewe te gee. Dit kan ‘n pynlike proses wees, maar sy uiteindelike vergoeding is soveel beter, as die rykdom van die wêreld.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.