... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vyande van die Kruis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:18,19 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind.

Listen to the radio broadcast of

Vyande van die Kruis


Download audio file

Een van die dinge wat ouers die meeste vrees, is dat hul kinders die pad byster sal raak, wanneer hulle verkeerde vriende het en ander mense van twyfelagtige karakter toelaat om hul rolmodelle te word.

Hoeveel keer, dink jy, het God gesien dat een van sy kinders op ‘n dwaalspoor gelei is, omdat hulle die voorbeeld van die verkeerde mense gevolg het?

Sê my, wie is jou rolmodelle? Wie is diegene vir wie jy jou hart oopmaak? Wie laat jy toe om ‘n invloed te hê op wat jy dink en hoe jy optree? En – hier is die kernvraag – kan jy hulle vertrou? Is hulle jou vertroue waardig?

Gister het ons gesels oor die belangrikheid daarvan om die regte rolmodelle in ons lewens te hê… sodat ons, as dissipels (of leerders) van Jesus, ook sy vakleerlinge word – met ‘n baie goeie indiensopleiding op die koop toe.

Maar vandag wil ek ‘n waarskuwing rig oor die keuse van verkeerde mentors in ons lewens. Kyk wat sê die apostel Paulus oor daardie einste ding in:

Filippense 3:18,19 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind.

Daar is mense daar buite wat voorgee om Christene te wees. Hulle  gee voor dat hulle getroue volgelinge van Christus is. Hulle lyk en klink so wonderlik en oortuigend, maar as jy die vrug van hul arbeid ondersoek, is hulle allesbehalwe!

Moenie jou hart oopmaak vir die verkeerde mense nie. Moenie deur die vyande van die kruis mislei word nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy