... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waag Dit om Anders Te Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 3:12,13 Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.

Listen to the radio broadcast of

Waag Dit om Anders Te Wees


Download audio file

Jesus het baie beloftes aan sy dissipels gemaak. Een van daardie beloftes, waarop ons met uitroepe van lof en hallelujas, kan staan, is, dat as hulle Hom vervolg (wat gebeur het) hulle ons ook gaan vervolg.

Dis nou vir jou ‘n vrolike gedagte, nè? Maar dit is waar, is dit nie? In sekere lande, soos die een waar ek woon, was dit vir Christene vir baie jare redelik maklik om hulle geloof uit te leef. Op ander plekke is hulle erg vervolg. Waar jy ook al woon, ongeag jou situasie, is vervolging reeds hier óf dit is net om die draai.

Maar, al ervaar diegene van ons, wat dit tot op hierdie punt maklik gehad het, hierdie stygende vlaag van vervolging met groot skok, is dit niks nuuts nie. Kyk wat skryf die wyse ou apostel, Paulus, aan sy leerling Timoteus in:

2 Timoteus 3:12,13 Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.

Wie is die ‘almal’ wat vervolg gaan word? Elkeen wat met ware toewyding aan God in Christus Jesus wil lewe.

As jy dus na die maklikste manier soek om vervolging te vermy, moet jy ophou om jou ware toewyding aan Christus te wys. Jy moet maar net onopsigtelik bloot deel van die skare word. Ek kan immers net in privaatheid in Jesus glo, en in die openbaar soos almal om my lyk. Dis die perfekte oplossing om vervolging te vermy.

Maar soos Charles Spurgeon eenkeer gesê het: Dit sal ‘n hartseer dag vir die kerk en vir die wêreld wees, wanneer daar geen onderskeid meer tussen die kinders van God en dié van hierdie wêreld is nie.

Jy is die lig van die wêreld. Hou op om te probeer inpas.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.