... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waar die Hart Van Vol Is. . .

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”

Listen to the radio broadcast of

Waar die Hart Van Vol Is. . .


Download audio file

Kan ek jou vra: hoe behandel jy mense … mense by die werk, jou gesin by die huis, jou bure? As jy na hulle kyk, sien jy hulle as mense, of behandel jy hulle as voorwerpe?

Jou antwoord is ongelooflik belangrik, want dit vertel ‘n mens wat in jou hart aangaan. Met tegnologie wat deesdae so gevorderd is, is dit maklik om jouself fisies en emosioneel los te maak van die mense met wie jy in aanraking kom.

Dit is so maklik om mense bloot as objekte te sien; skaakstukke wat op die bord rondgeskuif moet word om jou te pas, in plaas daarvan om hulle as mense te sien. Om hulle te sien as mense met hoop, drome, begeertes en swakhede net soos ons – en hulle met die deernis, waarna hulle smag, te behandel.

Uit die bloute is ons skielik eendag op ‘n donker plek. Ons hart is verhard en uit ons monde vloei die bose planne wat ons in ons hart beraam. Glo jy my nie?

Lukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

Wat ons vir ander sê, verraai wat in ons harte aangaan. Hoe ons ander behandel, toon duidelik wat ons van hulle dink. Kom ons laat dit net nog een keer in ons harte insink:

Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly