... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waar is die Skare nou?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 6:66 Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.

Listen to the radio broadcast of

Waar is die Skare nou?


Download audio file

Het jy al ooit iets in die Bybel gelees en gedink: “Wat? Hoe kan dit wees? Hoe kan God dit doen, of Jesus dit sê? Nee, nee, dit kan nie reg wees nie?” Wat nou? Die meeste mense kies die stukkies waarvan hulle hou en blaai vinnig verby die gedeeltes wat hulle ongemaklik laat voel.

As jy in die Bybel oor Jesus se lewe lees, is daar iets wat regtig uitstaan.

Groot skares het Hom oral waar Hy gegaan het, gevolg. Waarom sou hulle nie? Hy was ‘n kragtige spreker en daarby het hy ongelooflike wonderwerke verrig. So het hele stede en dorpe tot stilstand gekom, soos die mense uitgegaan het, om Jesus te ontmoet en na Hom te luister.

En tog het hulle nie gehou van alles wat Hy gesê het nie. Kyk wat gebeur in:

Johannes 6:66 Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.

En toe Hy gekruisig is, was Hy bykans alleen. Selfs van sy familie en vriende het, uit vrees vir hulle lewens Hom verlaat. Waar was die skare toe? Waar was al die mense?

Dwarsoor die wêreld is daar groot getalle mense wat beweer dat hulle Christene is, asof dít, soos ‘n soort ‘versekeringspolis’, vir hulle toegang tot die ewigheid sal gee. Net vir ingeval. . .

Maar dieselfde mense kies die dinge wat God sê, waarvan hulle hou,  sorgvuldig uit, en bou vir hulle ‘n eie, gerieflike geloof daarop. Baie mense wil God in ‘n vorm giet wat vir hulle aanvaarbaar is en gemaklik by hulle eie leefstyl inpas.

Mense sê maklik dat hulle Christene is, totdat hulle sien wat in die  Bybel staan, totdat hulle die God, die Jesus van die Bybel, ontmoet.

God het gesê: “Ek is wie ek is.” Hy verander vir niemand nie. Ons kan nie kies hoe Hy moet wees om ons te pas nie.

Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge