... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Absoluut Waardeloos

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:4-7 Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer: ek is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek 'n Fariseër, in my ywer 'n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik. Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus,

Listen to the radio broadcast of

Absoluut Waardeloos


Download audio file

Om ‘groot te word’ behels die proses om oor die jare volwasse te word, en natuurlik ook om minder afhanklik van ander en meer selfstandig te word. Dit is hoe dit hoort – maar daar is ‘n vangplek.

Toe ons kinders volwassenes geword het, was dit so ‘n vreugde om te sien hoe hulle al hoe minder op ons hulp aangewese was en meer kon terugval op die dinge wat ons hulle geleer het. Selfstandigheid. Dis belangrik. Maar waar lê die vangplek? Wel, dit klink so…

In jou groeiproses, wanneer jy al hoe meer selfvertroue ontwikkel, is dit maklik om uiteindelik heeltemal op jou eie vermoëns staat te maak, eerder as op God se genade. Hier is hoe die apostel Paulus dit gestel het in:

Filippense 3:4-7 Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer: ek is op die agste dag besny, van geboorte ‘n Israeliet, uit die stam Benjamin, ‘n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek ‘n Fariseër, in my ywer ‘n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik. Maar wat eers vir my ‘n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus,

Paulus was regtig ‘n uitstaande mens. Hy het al God se reëls gevolg en in sy selfvertroue het hy gedink dat hy onberispelik is en dat hy in sy lewe saam met God ‘n groot sukses van sy lewe gemaak het. Tot op die dag wat hy Jesus ontmoet het. Dis toe dat hy besef het dat al die dinge wat hy voorheen trots op was – sy erfenis, sy geleerdheid en sy vermoë om die reëls getrou te volg – heeltemal waardeloos was.

Moenie so selfstandig wees dat jy onafhanklik is nie. Wees genade-afhanklik.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.