... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waarom Antwoord God Nie?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 3:8,9 Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy beloofde terugkeer uit soos party mense dink nie. Nee, Hy wag geduldig ter wille van julle. Hy wil nie hê dat sommige verlore gaan nie, en daarom gee Hy meer tyd dat almal tot inkeer kan kom. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Waarom Antwoord God Nie?


Download audio file

Teëspoed is soms ‘n bedekte geleentheid. Nee wag, laat ek meer spesifiek wees. Soms is teëspoed ‘n versteekte God-geleentheid. En wanneer ons dit vinnig wil weg wens, vertraag God dinge.

Ek is seker jy het dit ook al ondervind? Jy gaan deur ‘n fase wat jy liewer nie wil deurmaak nie. Jy bid vurig dat God gou ‘n oplossing moet gee, maar hierdie rowwe kol verander in ‘n uitgebreide wildernistoer wat regtig geen sin maak nie.

Dit was hoe dinge met die Christene gegaan het, vir wie die apostel Petrus destyds geskryf het. Hulle is op in alle opsigte gruwelik vervolg. Destyds het hulle geglo dat Jesus vinnig sal kom om hulle te red, miskien selfs nog volgende Donderdag. Maar dít is wat die Heilige Gees deur Petrus tot hulle gespreek het in:

2 Petrus 3:8,9 Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy beloofde terugkeer uit soos party mense dink nie. Nee, Hy wag geduldig ter wille van julle. Hy wil nie hê dat sommige verlore gaan nie, en daarom gee Hy meer tyd dat almal tot inkeer kan kom.(NLV)

En hier is ons, ‘n paar duisend jaar en baie Donderdae later, en ons wag nog steeds vir Jesus om terug te kom. Nie omdat God stadig is om sy beloftes gestand te doen nie, maar omdat Hy mense elke geleentheid wil gee om hul lewens te verander, sodat hulle die ewigheid saam met Hom kan deurbring.

Soms dink ons God vertraag dinge (of ten minste is dit hoe dit vir ons met ons beperkte insig voel) omdat Hy ‘n groter doel het. Soms gaan daardie groter doel oor ons, ander kere gaan dit oor iemand anders. Vertrou Hom; hoe dit ook al sy. Sy tydsberekening is altyd perfek.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.