... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer die Tyd Ryp Is

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 60:22 Die kleinste onder hulle sal duisende word, die swakste 'n sterk nasie. Wanneer die tyd daarvoor kom, doen Ek dit. Ek is die Here.

Listen to the radio broadcast of

Wanneer die Tyd Ryp Is


Download audio file

Het jy al ooit in jou omstandighede magteloos en vasgevang gevoel? Dit voel asof jy gevange gehou word in ‘n dwangbaadjie, nè? Dit voel asof niks ooit gaan verander nie; asof jy vir altyd op hierdie spesifieke plek gaan vassit!

Daar was ‘n tyd toe Israel vir byna sewentig jaar as slawe in ballingskap in Babilon vasgekeer was. Sewentig jaar! Dit is ‘n lang tyd. En aangesien Babilon destyds dié wêreldmoondheid was, het hulle nie hoop gehad dat dit ooit gaan verander nie.

God het die profeet Jesaja gestuur om hulle te oortuig dat dinge op die punt was om te verander; dat Hy binnekort iets kragtigs, iets, buite hulle verwysingsraamwerk, gaan doen: Hy gaan hulle vrymaak om na die Beloofde Land terug te keer.

As jy die laaste ses-en-twintig hoofstukke van die boek Jesaja in die Ou Testament lees, ontdek jy dat God hierdie profeet telkemale moes gebruik om hulle hieraan te herinner. Want wanneer jy vir drie geslagte in slawerny vasgevang is, sal jy sekerlik glo dat niks ooit gaan verander nie. Luister na God en, ek bid, dat jy sal hoor hoe Hy ook met jou praat:

Jesaja 60:22 Die kleinste onder hulle sal duisende word, die swakste ‘n sterk nasie. Wanneer die tyd daarvoor kom, doen Ek dit. Ek is die Here.

Van klein tot groot, van stam tot magtige nasie, van slawerny tot herstel – dit is wat God aan hulle belowe het. Maar wanneer, o Here, wanneer sal U óns uit hierdie gemors kry? Hoe sal U dit doen? Antwoord ons, asseblief?

Wanneer die tyd daarvoor kom, doen Ek dit. Ek is die Here.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.