... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Ek Dink

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 119:59,60 Ek het die koers van my lewe oordink en na u verordeninge teruggekeer. Ek talm nie, ek haas my om u gebooie te onderhou.”

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Ek Dink


Download audio file

Ek wil jou vandag ‘n vraag vra: Hoe gereeld dink jy na oor hoe jy lewe? Hoe gereeld dink jy na oor die manier waarop jy op verskillende situasies, goeies of slegtes, en op verskillende prikkels in jou lewe, reageer?

Dit is vrae wat jou lewe intens raak, want as jy net elke dag opstaan en op dieselfde manier op dinge – goed en sleg – reageer, dan gaan niks ooit verander nie.

As ons dink dat dinge beter sal word; dat die mense daar buite gaan verander en dat ons omstandighede vanself sal verander – dan gaan ons baie lank wag, want hulle sal waarskynlik nooit verander nie. Nou-ja, wat is die oplossing?

Psalm 119:59,60 Ek het die koers van my lewe oordink en na u verordeninge teruggekeer. Ek talm nie, ek haas my om u gebooie te onderhou.”

Goed, kom ons kom terug na my oorspronklike vraag. Hoe gereeld dink jy aan hoe jy lewe? Want weet jy, elke keer as ek die Bybel oopmaak, elke keer as ek God se Woord oopmaak, laat Hy my ernstig nadink oor my lewe. Hy skyn sy lig, sy heerlikheid, sy krag, sy liefde, sy vreugde en sy vrede in die donker holtes van my siel.

En die impak daarvan is dat dit ‘n verlange diep binne in my skep om Hom te eer, om Hom te gehoorsaam, en nie te talm nie en my te haas om sy gebooie te onderhou.

Om daagliks my Bybel te lees, om God met my te hoor praat en dan in die lig van Sy Woord oor my lewe na te dink, keer my om nie te talm om Hom te gehoorsaam nie.

Dit is hoe dit veronderstel is om te werk. Dis hoe God ons verander. Dis hoe Hy ons lewens verander. Dis hoe dinge beter word: Dit hang nie af van ander mense wat verander, of van my omstandighede wat verander nie.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.