... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat is die Doel?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 138:7,8 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag. Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wat is die Doel?


Download audio file

Dit lyk asof daar drie verskillende fases in die lewe is. ‘n Fase waar dinge fantasties goed gaan, ‘n ander fase waar dit net – jy weet – oukeierig is. Of dan die fase waar die lewe om een of ander duistere rede, rampspoedig is.

Dit maak nie saak in watter fase jy tans is nie, want selfs in ‘n goeie fase kan ‘n gevoel van doelloosheid net so maklik insluip, as in die tye waar nie veel gebeur nie en veral in die moeilike tye. Jy vra jouself af: Wat is die doel van dit alles? Wat is die doel van my lewe? Maak ek regtig ‘n verskil?

En al verloop jou lewe oor die algemeen redelik glad, kan die afwesigheid van ‘n duidelike antwoord op daardie vrae jou tot raserny dryf. Koning Dawid van Israel het op verskillende tye in sy lewe deur elkeen van daardie fases gegaan. En terwyl hy nadink oor ‘n paar baie moeilike tye, bid hy tot God. 

Psalm 138:7,8 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag. Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (NLV)

Ja, Dawid het keer op keer geleer om onder baie moeilike omstandighede op God te vertrou. Hy het geweet dat God sal uitreik en hom sal red. Maar die geheim lê daarin … dat alhoewel Dawid nie vooraf geweet het wat God se doel was nie, het hy geweet dat die Here sy doel met hom sou bereik.

Alles is daar met ’n spesifieke doel – elke plant, elke dier en veral elke mens –’n doel wat reeds voor die skepping van die aarde vir hulle beplan is. Onthou God het jou geskep met ‘n spesifieke doel in gedagte en Hy sal sy doel met jou bereik, selfs wanneer daardie doel nie vir jou heeltemal duidelik is nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.