... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Vrygewig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 21: 26 Die regverdige kan gee sonder om suinig te wees.

Listen to the radio broadcast of

Wees Vrygewig


Download audio file

Het jy al ooit vir jouself gevra: “Hoeveel moet ek gee”? Miskien is iemand in jou gesin in nood? Of dalk wil jy ‘n bydrae vir God se werk, of die armes en behoeftiges maak? “Hoeveel moet ek gee?” is ‘n vraag wat ons gereeld moet vra.

Ons praat nie net van geld nie. Soms is die grootste geskenke wat ons kan gee tyd, of aanmoediging, of emosionele ondersteuning. Daardie dinge behels dikwels opofferings wat selfs groter is as om geld te gee. C.S. Lewis het dit eenkeer so gestel:

Ek glo nie ‘n mens kan bepaal hoeveel ons behoort te gee nie. Ek is bevrees die enigste veilige reël is om meer te gee as wat ons dink ons kan.

Dit is wat ons vrygewigheid noem. As dit kom by die realiteit om jou tyd, jou energie, jou emosionele hulpbronne, jou finansies te gee … sou die mense naaste aan jou, jou as ‘n vrygewige persoon bestempel, of nie?

C.S. Lewis se perspektief, is duidelik diep gewortel in die Skrif:

Spreuke 21:26 Die regverdige kan gee sonder om suinig te wees.

In hierdie intens materialistiese wêreld waarin ons leef, is dit maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat ons moet vashou aan wat ons het, sodat ons genoeg sal hê. Die probleem daarmee is dat ons begin glo dat ons nooit genoeg gaan hê nie. Ons is nooit tevrede nie. Maar weet jy, wanneer ons geloof in Jesus ons vrygewig maak, eer God dit. Hy laat ons nooit gebrek ly nie.

Ek stry nie, dat ons dalk soms swaarkry nie. Maar ek wil vir jou sê, dat in die amper twintig jaar van ons geloofsgebaseerde bediening, God ons altyd op die regte tyd te hulp gesnel het; ten spyte van die feit dat hulpbronne soms bitter skaars was.

Goeie mense is vrygewig en het baie. Gee dus meer as wat jy dink jy kan.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.