... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie Sal op die Troon Sit?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Openbaring 3:21,22 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.

Listen to the radio broadcast of

Wie Sal op die Troon Sit?


Download audio file

Die ewigheid lyk onbereikbaar ver weg, nie waar nie? Hoekom is dit? Wel, waarskynlik omdat ons so besig is met die alledaagse geroesemoes, dat die moontlikheid van die “ewigheid” moeilik is om te bedink.

Maar weet jy, die waarheid is dat jou daaglikse bestaan – wat dit ook al behels – wesenlik gekoppel is aan hoe jy jou ewigheid sal deurbring. Want daar is ‘n stryd om jou siel te wen.

Satan probeer jou altyd van Jesus afrokkel. Hy voer listige planne uit sodat jy jou ewigheid saam met hom kan deurbring. Maar dan is daar natuurlik ons eie sondige begeertes, wat as ons hulle nie weerstaan nie, hulle ons op dieselfde paadjie van verderf sal lei, sonder dat Satan ooit ‘n vinger hoef te lig. 

En asof dit nie genoeg is nie, skree die wêreld – al hoe harder– vir ons om ons belaglike vertroue op hierdie verouderde, irrelevante Jesus te laat vaar. Ja, in ons wandel met Jesus is daar baie aanslae waarmee ons te kampe het. Maar die beloning … die beloning, is beslis die moeite werd:

Openbaring 3:21,22 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.

Wie sal vir ewig saam met Jesus op daardie troon sit? Dié wat oorwin. Dié een wat die stryd van die lewe getrou stry. Dié een, wat al die padblokkades wat deur die wêreld en die vyand voor hom gestel is, te bowe kom. Dié een wat volhard tot die einde toe … net soos Jesus gedoen het.

Moenie moed opgee nie. Die prys is beslis die moeite werd.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.