... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Aandagafleiers

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 44:6 So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie.

Listen to the radio broadcast of

Aandagafleiers


Download audio file

Ek hoop nie jy gee om nie, maar ek is op die punt om ‘n effens konfronterende vraag aan jou te stel. Is God op sy regmatige plek in jou lewe?  Is Hy Koning van die konings en Here van die here, of word Hy eenkant toe geskuif deur al die ander dinge wat jy moet doen? Hm?

Het jy al opgelet hoeveel dinge daar in die lewe is wat jou aandag kan aftrek? Dinge soos e-posse, telefoonoproepe, sosiale media, inkopies, nuttelose programme op TV, kos,  kinders ensovoorts, ensovoorts.

Ons dink miskien dat dit binnekort beter sal gaan, maar dit gaan nie, gaan dit? In werklikheid voel dit net of alles vinniger en vinniger word. Meer dinge. Gaan laai die kinders af. Neem die vuilgoedsakke uit.

Nie een van hulle is verkeerd nie. Nie een van hulle is sleg nie. Dit is net dat hulle die belangrikste ding verdring. Ons word een dag wakker en dink – waaroor gaan dit? God? Nee wat. Daar is te veel om te doen. Ons lees in:

Jesaja 44:6 So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie.

Die boek Jesaja vertel die aaklige verhaal van die gevolge wat Israel getref het, toe hulle God eenkant toe gestoot het. Hulle is as ballinge weggevoer; hulle was slawe in Babilon … totdat God hulle na sewentig jaar bevry het.

Soveel mense wat hulself “Christene” noem, leef vandag met die gevolge, omdat hulle God eenkant toe gestoot het. Hulle leef in ballingskap as slawe van die dinge van hierdie wêreld.

Hoe leef jy jou lewe? Is God op sy regmatige plek, of is jy net te besig met die dinge van hierdie wêreld?

Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge