... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Aantreklike Mense

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Samuel 16:7 Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.”

Listen to the radio broadcast of

Aantreklike Mense


Download audio file

Skoonheid is subjektief. Hm. Ons idee van wie mooi is en wie nie, verskil van kultuur tot kultuur en dit het met die verloop van tyd inderdaad baie verander.

Watter gedagtes gaan deur jou kop as jy iemand vir die eerste keer ontmoet? Hoe beïnvloed sy fisiese voorkoms jou idee van die persoon? Dit is ‘n uitdagende vraag, want die meeste van ons behandel mense heeltemal anders, as ons hulle as ‘aantreklik’ beskou. 

Ek woon in ‘n woonstel naby ‘n ouetehuis. Baie van die inwoners is fisies redelik afgetakel; gevolglik is dit baie maklik om hulle te ignoreer asof hulle nie bestaan nie. Maar namate ‘n mens hulle leer ken, ontdek jy dat baie van hulle ongelooflike mense is, wat uitstaande lewens geleef het.

Ek het onlangs ‘n prentjie gesien van die gerimpelde gesig van ‘n ou vrou, met die woorde: Hoe anders sou ons idee van skoonheid nie gewees het nie, as ons oë net siele, in plaas van liggame, kon sien?

En weet jy, dit is ‘n baie goddelike perspektief. God het die profeet Samuel na ‘n man met agt seuns gestuur toe hy ‘n nuwe koning vir Israel moes uitkies. Die oudste seun was Eliab.

1 Samuel 16: 7 Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.”

Dieselfde geld vir die res van die seuns, totdat hy uiteindelik by David, die jongste, en in sy oë die mees onlogiese keuse, kom. En wat het gebeur? Dawid het die grootste koning geword wat Israel ooit gehad het. Hoekom?

Want Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.