... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Aanvaar Jesus as Here

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 16:24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg,

Listen to the radio broadcast of

Aanvaar Jesus as Here


Download audio file

Daar is twee verskillende maniere om in Jesus te glo. Die mees algemene een, is bloot om met jou verstand in Hom te glo. Die minder populêre manier, is om Hom met jou lewe te vertrou. Op watter manier glo jy?

Ek was voorheen ‘n baie voorskriftelike ou – ‘n ‘my way or the highway’ soort man.

Gevolglik was dit vir my ‘n groot besluit om my lewe aan God oor te gee. Nie ‘n oppervlakkige geloof in Jesus nie, nee – om Hom die Here van my lewe te maak. Daar is ‘n reuse verskil. Kyk hoe Jesus dit gestel het in:

Matteus 16:24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg,

Om jouself te verloën, beteken om dinge op te gee wat jy nie wil prysgee nie. Dit help nie om doekies te probeer omdraai nie. Om Jesus te volg, vra opoffering.

Ek was voorheen baie ongenadig en wreed teenoor mense. Ek sou hulle maklik verneder en misbruik vir my eie gewin. Maar jy kan nie aanhou om dit te doen en Jesus te volg nie. Dit is of die een of die ander. Ons natuurlike instink is om in beheer te wees, om dinge op ons manier te doen. Die probleem is dat daardie pos reeds gevul is. Dis God s’n.

Om in Jesus te glo … dit is een ding. Om Hom die Here van jou lewe te maak, is heeltemal ‘n ander saak. Kan ek jou dus vra, is jy ‘n gelowige of ‘n dissipel? Is jy iemand wat maklik sê: “Natuurlik, glo ek dat Jesus vir my gesterf het,” … en dan met jou lewe voortgaan asof jy in beheer is?

Of, sê my, is jy ‘n opregte dissipel, ‘n volgeling van Jesus, wat bereid is om jou eie agenda te laat vaar en jou kruis op te neem en Jesus te volg?

Die kern van die saak is: is Jesus die Here van jou lewe … of nie?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge