... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Adrenalien-gevulde Oomblikke

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 27:1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?

Listen to the radio broadcast of

Adrenalien-gevulde Oomblikke


Download audio file

Daar is baie dinge, ontstellende dinge, wat met ons gebeur. En soms gebeur daar dinge wat regtig vreesaanjaend is. Wat doen ons in sulke omstandighede?

Ek het onlangs ‘n onderonsie met ‘n man in die straat gehad. Hy het sy hond sonder ‘n leiband laat rondloop. Dit is teen die wet in ons woonbuurt. Plaas dat ek stilgebly het, maar ek moes toe net iets sê…

Wel, hy het net daar losgetrek. Hy was baie langer, jonger en sterker as ek, en hy het my baie aggressief ingevlieg. Hy het gelukkig nie handgemeen geraak nie, maar dit was so hittete. Ek kan jou verseker my hart het in my keel geklop.

Hoe reageer jy in daardie adrenalien-gevulde oomblikke? Dit maak nie saak of jy dit, soos ek, miskien oor jouself gebring het, en of dit heeltemal buite jou beheer was nie. Adrenalien skep ‘n veg- of vlugreaksie, en in daardie oomblikke neem ‘n mens ondeurdagte besluite met ernstige gevolge.

Die Heilige Gees het tot my redding gekom: Wees stil. My vrees het bedaar. Daar staan in…

Psalm 27:1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?

Ek en jy gaan nie altyd alles reg doen nie. Ons gaan dinge sê en dinge doen waaroor ons later spyt is. Dit is geen verrassing vir God nie. Maar Hy sien ons hart. Hy ken jou en glo my, Hy is daar om jou te beskerm, selfs al beteken dit, soos Hy dit met my gedoen het, om deur sy Gees vir my te sê om stil te bly.

Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.