... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Afwesigheid versterk Nie sy Liefde Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 17:20,21 “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

Het jy al ooit gevoel asof jy so ver van God af weggedryf het, dat Hy net sowel ‘n miljoen kilometer ver kon wees? En as ons só voel, begin ons twyfel of Hy ons ooit weer terug wil hê. Ek bring gereeld baie lang tye weg van die huis af deur, omdat ek vir die bediening van Christianityworks reis, maar dan verlang ek vreeslik baie na my vrou. Die spreekwoord sê mos, afwesigheid maak meer bemind. Maar weet jy wat ek geleer het? As dit by God kom, is die teenoorgestelde waar. Daar was al tye in my lewe toe ek so besig was, dat dit vir my moeilik was om tyd te kry om elke dag saam met Hom deur te bring. En jy weet mos hoe dit gaan. Hoe minder jy bid, hoe minder voel jy lus om te bid. Voordat jy dit weet, lyk dit asof jy en God ‘n miljoen kilometer van mekaar af is. Jy ís beslis nie, maar dis hoe dit voel. Goed; en wat doen ons nou? Weet jy dat Jesus ‘n passie het om by ons te wees? Net voordat Hy gekruisig is, het hy in Johannes 17:20,21 so gebid: “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.” Jesus, het vir jou en vir my gebid. As ons wegdryf, dink ons ​​dat Hy ons nooit weer terug wil hê nie. Maar dis nie die waarheid nie. Jesus smag daarna om naby jou te wees. Dit is waarom Hy na die Kruis toe is. Maak dus elke dag tyd vir Hom. Want as jy na Hom toe kom; kom Hy altyd nader aan jou. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge