... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Al Wat Ek Wil Hê Is …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:8-10 ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,

Wat is vir jou baie belangrik? Waaraan heg jy die grootste waarde in jou alledaagse lewe? Dis nie ‘n teoretiese vraag nie. Ek praat van die werklikheid, die manier waarop jy werklik jou lewe leef.

Dit is nie ‘n maklike vraag nie, want as ‘n Christen behoort die korrekte antwoord… my verhouding met Jesus te wees. Maar hoe dikwels neem dinge soos jou trots, jou begeerte om gerespekteer te word, die dinge wat jy wil koop en ervaar, die plek in, van dít wat jou prioriteit moet wees? Hier praat die apostel Paulus oor daardie einste ding in:

Filippense 3:8-10 ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ‘n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,

In vergelyking met om Christus as Verlosser te hê, is al daardie goed in ons lewens, “waardelose gemors” (eintlik staan daar “mis” in die oorspronklike teks). Paulus se ontmoeting met Christus het alles vir hom verander.

Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,

My vriend, dit is tyd om vir eens en vir altyd te besluit wat jy regtig in hierdie lewe wil hê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.