... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Arme Ekke

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 14:20,21 'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot; 'n ryk man het baie vriende. Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed.

Listen to the radio broadcast of

Arme Ekke


Download audio file

Ek hoop nie jy dink ek’s onsensitief nie, maar ek gaan die volgende stelling in elk geval maak, omdat dit waar is. Hoe meer welvarend ons raak, hoe meer is ons geneig om op onsself te fokus en die behoeftes van ander as minder belangrik te beskou.

So nou en dan kry ons onsself jammer. Miskien gaan dit nie so goed nie, of jy voel pootuit of miskien sommer net sat vir alles … Arme ekke.  Dit gebeur met ons almal.

Die heel eerste keer dat ek deur ware armoede gekonfronteer was, was in ‘n dorpie in Indië. Hierdie mense het in sulke armoede geleef, dat ek gehuil het. Tot op daardie oomblik het ek geen idee gehad van wat “arm” regtig beteken nie.

Ek weet nie wat jou finansiële omstandighede is nie, ek weet ook nie wat in jou lewe aangaan nie en ek weet ook nie hoe swaar jy dalk kry nie. Maar, wat ek wel weet, is dat Jesus die meeste van sy tyd onder die armes deurgebring het. God het ‘n spesiale plek in sy hart vir die armes. Ons lees dwarsdeur sy Woord daarvan. Kyk wat lees ons in:

Spreuke 14: 20,21 ‘n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot; ‘n ryk man het baie vriende. Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed.

Natuurlik kry ons onsself soms jammer, en tog glo ek elkeen van ons kan tog ‘n manier vind om kos op iemand, wat nie genoeg het om te eet nie, se tafel te sit. Elkeen van ons kan help om ‘n dak oor die kop van ‘n gesin, wat geen skuiling het nie, te sit.

Elkeen van ons kan ‘n manier vind om medelye en vertroosting te bied aan iemand wat dit regtig nodig het; iemand wat regtig seer het.

Wees vriendelik teenoor die armes, en jy sal geseënd wees.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge