... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

As Baarmoeders Vensters Gehad Het

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 6:16-19 Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy 'n afsku het: oë wat straal van hoogmoed, 'n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, ‘n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers.

Listen to the radio broadcast of

As Baarmoeders Vensters Gehad Het


Download audio file

Dit lyk asof die Bybel soms stil is oor belangrike kwessies. Een daarvan – ‘n gewilde onderwerp hier in die 21ste eeu na Christus – is aborsie. Is ‘n fetus ‘n persoon, of troef die vrou se “reg om te kies” die reg van die ongebore kind?

Dit is ‘n sensitiewe onderwerp wat wêreldwyd groot verdeeldheid veroorsaak. Maar kom ons laat die “regte” en politieke aspek vir ‘n oomblik buite die bespreking. Dit is natuurlik voor die hand liggend dat as iets lewendig is, kan dit groei en ontwikkel. Selfs kankers groei en ontwikkel, maar dis iets anders; dit word waar moontlik uitgesny of vernietig as ongewenste menslike weefsel.

In die geval van ‘n fetus, begin die hart reeds binne vyf weke na bevrugting klop. Teen week nege maak hy of sy hul mond oop en begin suig. Unieke vingerafdrukke is teen week tien gevorm. Teen week dertien begin hulle gaap. As dit ‘n dogtertjie is, het sy op week twintig, sewe miljoen eierselle geproduseer. Seuns daarenteen begin om teen twaalf jaar testosteroon te produseer.

Is dit dus ‘n fetus of ‘n kind? Is dit ‘n stuk menslike weefsel … of ‘n mens?

Ek het onlangs iemand hoor sê dat as ‘n baarmoeder vensters gehad het, aborsie onmiddellik verbied sou word. Ek is redelik seker dat dit waar kan wees… want as jy na die feite kyk, is dit duidelik dat ons hier van ‘n persoon praat, wat na die beeld van God gemaak is.

Spreuke 6: 16-19 Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ‘n afsku het: oë wat straal van hoogmoed, ‘n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, ‘n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers.

Ek steur my nie aan politieke vraagstukke nie, maar ek gee baie om vir die lewe van ‘n kind.

God haat hande wat met bloed bevlek is.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.