... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Beide Genade en Waarheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:14,16,17 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.... Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Listen to the radio broadcast of

Beide Genade en Waarheid


Download audio file

Ek bekommer my oor politiese groeperinge onder Christene. Nie omdat ek nie my eie sienings het nie, maar omdat dit my seermaak om te sien hoe Christene hulself hierdeur definieer, eerder as deur hulle verhouding met Jesus.

Jy sien dit oral, nie waar nie? Links teen regs. Vaksineerders teen anti-vaksineerders. Pro-lewe teen pro-keuse. Dis wat jy verwag van die wêreld daar buite, waar sonde hoogty vier. Maar jy verwag dit nie onder Christene, waar ons volgens Jesus gekenmerk behoort te word deur ons liefde vir mekaar nie.

Tog lyk dit of Christene aan die een kant van die politiese skaal in staat is om, soos Carey Nieuwhof dit stel: genadelose waarheid met soveel venynigheid uit te deel, dat dit mense met die skerp lem van die waarheid verpletter. En dikwels is die teenpool, ‘n genade sonder ‘n swym van waarheid.  Hier geld die slagspreuk: “as dit goed voel, doen dit”, en dit lei niksvermoedende mense na ‘n ewigheid sonder Christus.

Kyk net in watter gemors is God se kerk, met skeurings wat so diep loop, dat niemand die krag het om hulle probleme op te los nie. Maar kyk na Jesus se antwoord in:

Johannes 1:14,16,17 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid…. Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Het jy gesien? Jesus is vol genade en waarheid. En dit is presies waartoe ek en jy ook geroep is, nie politiese groeperinge nie. Is dit maklik om terselfdertyd genadig en eerlik te wees? Glad nie! Dis hoekom ons elkeen vir Jesus nodig het, sodat ons vol genade en waarheid kan wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.