... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bely jou Ongeloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 9:19,22-24 Jesus sê toe vir hulle: “Ongelowige geslag, hoe lank moet Ek nog by julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier na My toe.”… “Van kleins af,” antwoord hy, “en baie keer het die gees hom al in vuur en in water gegooi om hom dood te maak. As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons.” “ As U iets kan doen,’ sê jy,” antwoord Jesus. “Vir die een wat glo, kan alles.” “Ek glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof.”

Listen to the radio broadcast of

Bely jou Ongeloof


Download audio file

Geloof is vir Jesus baie belangrik. En nou praat ons van ons vertroue in Hom, veral in tye wanneer dit vir ons moeilik is. 

Dit is regtig ‘n groot dilemma. Wanneer jy in moeilike omstandighede verkeer, wanneer jy desperaat is en so graag wil hê dat Jesus jou moet help, ontwyk geloof jou dikwels.

Moenie dink jy is al een wat so voel nie. ‘n Man het sy duiwelbesete seun na die dissipels gebring. Die seun kon nie praat nie, en hy het gedurig epileptiese aanvalle gekry, maar die dissipels kon nie die demoon uitdryf nie. Ons lees in Markus 9:19 dat toe Jesus daar aankom, sê Hy vir hulle: “Ongelowige geslag, hoe lank moet Ek nog by julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier na My toe.”… 

Hoekom noem Hy sy dissipels ‘n ongelowige geslag? Dis eenvoudig – hulle geloof was gebrekkig. Maar plaas jouself nou vir ‘n oomblik in die pa se skoene. Hoe dink jy voel hy nou wanneer hy Jesus se teregwysing hoor? Kyk hoe twyfel hy nou oor sy eie geloof:

Markus 9: 22 tot 24 “Van kleins af,” antwoord hy, “en baie keer het die gees hom al in vuur en in water gegooi om hom dood te maak. As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons.” 

” ‘As U iets kan doen,’ sê jy,” antwoord Jesus. “Vir die een wat glo, kan alles.”

“Ek glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof.”

Jesus het baie goed geweet dat Hy die kind kan genees, maar die man was verward – hy wou glo, maar iets in hom het getwyfel. Hy het in wanhoop uitgeroep: Ek glo … help my ongeloof. Maar dit was genoeg. Jesus het die demoon uitgedryf en die seun is genees.

Ons geloof hoef nie volmaak te wees nie. Bely jou ongeloof voor Jesus. Dit is meer as genoeg.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.