... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Beoordeling van Leiers

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 13:17 Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.

Listen to the radio broadcast of

Beoordeling van Leiers


Download audio file

Hoe meer individualisties ons in ons lewensuitkyk raak, hoe meer is ons geneig om gesag te weerstaan en ons leiers te kritiseer. Ons het die afgelope twee jaar tydens die pandemie baie daarvan gesien, nie waar nie?

Dit is vir my interessant hoe gereeld ons predikers hoor praat oor ‘n persoonlike verhouding met Jesus. En alhoewel dit in die Skrif geïmpliseer word, veral in die Evangelies, word dit nie regtig eksplisiet gestel nie.

Inteendeel. Die klem in die Nuwe Testament lê in ‘n groot mate op die kerk; op die liggaam van Christus en op hoe ons as gelowiges, ons Godgegewe gawes, in die konteks van ‘n geloofsgemeenskap moet beoefen. Dit gaan dus veel meer oor ons verhoudings, as oor ons individualiteit.

Wanneer ‘n mens deel van ’n gemeenskap is, moet daar noodwendig leiers wees. Dit is maar hoe dinge werk. Nou ja, hoe moet ons teenoor daardie leiers optree wanneer die wêreldse gesindheid van individualiteit, meer en meer, in ons harte posvat?

Hebreërs 13:17 Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.

As iemand wie se natuurlike gawe is, om ‘n leier te wees, kan ek jou vertel dat mense baie selde daaraan dink hoe moeilik dit is om te lei. Hulle dink amper nooit aan die persoonlike tol wat leierskap eis op emosies; op verhoudings en op die gesinne van hul leiers nie.

Ja, ek weet, leiers is nie perfek nie, en soms is hulle aaklig. Maar oor die algemeen doen hulle hul bes om te lei. Gehoorsaam hulle. Wees gewillig om met ‘n positiewe gesindheid te doen wat hulle sê. En hou op om dit vir hulle moeilik te maak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.