... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Berei Voor vir ‘n Familie Kersfees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 5:43-46 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?

Listen to the radio broadcast of

Berei Voor vir ‘n Familie Kersfees


Download audio file

Omdat ons volgende week Kersfees vier, gesels ons hierdie week oor die voorbereiding van die viering. Hierdie keer konsentreer ons op die beplanning vir daardie ‘moeilike mense’ wat dalk by jou gaan aansluit.

Dit is baie hartseer, maar statistieke bewys dat in die meeste kulture gesinsgeweld tydens die Kersfeestyd, aansienlik toeneem. Dit gebeur al te dikwels, dat waar Kersfeesvieringe gesinne bymekaar bring, ou konflikte – dikwels deur alkohol aangevuur – na die oppervlak dryf om verhoudings te versuur.

Kersdag hoef nie slegs deur ‘n openlike en onaangename uitbarsting ontwrig te word nie. O nee. Die meeste families het ou wonde, vervreemdings en ‘n geskiedenis van konflik wat hulle teister. En dit is so maklik om in daardie dae van voorbereiding vir Kersfees, ou koeie uit die sloot op te grawe en te praat oor daardie ‘moeilike mense’ wat Kersfees om jou tafel gaan sit, nè? As dit iewers ‘n klokkie lui, dan is hier goddelike raad om jou te help om reg te wees vir hulle koms: spandeer tyd om vir daardie mense te bid, in plaas daarvan om oor hulle te praat. Of, soos Jesus dit gestel het in:

Matteus 5:43-46 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?

Neem hierdie les en leef dit oor die volgende week en ‘n half uit, en wie weet hoe Jesus hierdie Kersfees by jou etenstafel kan opdaag. . . 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.