... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bereik Jou Doelwit

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:10-12 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.

Listen to the radio broadcast of

Bereik Jou Doelwit


Download audio file

Een van die grootste leuens wat die duiwel al vir eeue lank vir God se mense vertel, is dat ons gered kan word en die gratis gawe van die ewige lewe kan hê, sonder om die wyse waarop ons lewe, te verander.

As jy bekend is met die Goeie Nuus van Jesus, dink jy nou dalk …Wag so ‘n bietjie. Sê jy dat ek God se guns moet verdien deur goeie dinge te doen? Nee, glad nie! Net gister het ons gesien hoe die apostel Paulus sê in:

Filippense 3:9en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ‘n mens in Hom glo

Dit is die Goeie Nuus, maar tensy ons daardie geloof uitleef, het ons nie werklik die genadegawe wat in Christus aan ons gebied word, aanvaar nie. Hier is dit in:

Filippense 3:10-12 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.

Die rede waarom Christus jou syne gemaak het, is om jou lewe te transformeer, en dit gebeur wanneer jy in sy lyding deel. Ek en jy, ons is nog nie heeltemal die mense wat Hy wil hê ons moet wees nie. Maar ons is besig om getransformeer te word, of ten minste … behoort ons daarmee besig te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.