... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Beskeidenheid en Eerbied

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 3:14-15 Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie. In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.

Listen to the radio broadcast of

Beskeidenheid en Eerbied


Download audio file

Ons leef in ‘n tyd van groot verdeeldheid, waar die giftige mengeldrankie van politieke rassevraagstukke en samesweringsteorieë in die troebel sop van sosiale media borrel en ons lewens meer as ooit tevore beïnvloed. 

Dit is maklik om soms moedeloos te word as ons sien hoe die gekheid van al hierdie samesweringsteorieë as “waarheid” verkoop word. Wanneer ons dan probeer om mense met goddelike wysheid en waarheid reg te help, word ons beledig en ons raad in die wind geslaan. 

Wat? Het hulle almal mal geword? Hoe kan mense my beledig, omdat ek eeu-oue waarhede, wat voor die hand liggend is, uitwys? Ja, dis ongelukkig hoe ons optree. Ons frustrasie kry die oorhand en ons begin om kwaad met kwaad te vergeld; om terug te skree op diegene wat op ons geskree het. Is dit nie in der waarheid wat gebeur nie? Sê my, wanneer het om terug te skree ooit ‘n positiewe uitkoms gehad, hm?

Dit is belangrik dat ons mekaar vandag herinner aan wat die Here se raad in hierdie deurmekaar wêreld vir ons is.

1 Petrus 3: 14 en15 Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as ‘n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie. In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.

Ja, ons sal vervolg word omdat ons doen wat reg is. Moenie verbaas wees as dit gebeur nie. Moenie bang wees nie. Hou net jou oog gefokus op Jesus en ja, wees altyd gereed om mense te vertel waarom jy in Hom glo. Maar … en luister hierna, dit is die belangrikste ding … doen dit met beskeidenheid en eerbied.

Laat ek dit weer sê … doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.