... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bewys Genade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 2:13 Sorg dus dat jou woorde en dade wys dat jy iemand is wat weet dat jy beoordeel gaan word deur die wet wat vrymaak, die wet van liefde. Wie sonder ontferming optree, sal sonder ontferming geoordeel word. God se ontferming is sterker as sy oordeel. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Bewys Genade


Download audio file

Daar is ‘n hele paar ongemaklike sake wat die Bybel aanspreek. Skrifgedeeltes waarvan ons liewer wil weg blaai en ignoreer. Versies wat ons ‘n bietjie ongemaklik laat voel, versies wat aanstoot gee. Vandag gaan ons na een van hulle kyk.

Laat ek begin deur te sê dat ek glo ‘n persoon kan slegs gered word deur God se genade; deur geloof in Jesus, wat gesterf het om vir ons sondes te betaal en weer opgestaan het om aan ons die gratis geskenk van die ewige lewe te gee.

Maar ek onderskryf nie die eens-gered, altyd-gered filosofie nie. Nie omdat ek my eie teologie hieroor het nie, maar omdat die Bybel my daarvan oortuig het. Hier is daardie vers wat ek al vroeër genoem het:

Jakobus 2:13 Sorg dus dat jou woorde en dade wys dat jy iemand is wat weet dat jy beoordeel gaan word deur die wet wat vrymaak, die wet van liefde. Wie sonder ontferming optree, sal sonder ontferming geoordeel word. God se ontferming is sterker as sy oordeel. (NLV)

Om die Woord van God te verstaan, is dit noodsaaklik om te lees presies wat daar geskryf staan. En die letterlike lees van hierdie spesifieke vers sê vir ons dat as ons in Jesus glo, maar nie barmhartigheid teenoor ander betoon nie, sal Hy ook nie op die oordeelsdag barmhartigheid teenoor ons bewys nie. 

Eintlik het Jesus ‘n hele gelykenis oor hierdie ernstige ding vertel. Hy begin met die woorde “Die Koninkryk van die Hemel is soos …” en eindig met die onbarmhartige dienskneg wat gevange geneem en gemartel word totdat hy sy onbetaalbare skuld aan die koning kon terugbetaal.

Laat ons dus glashelder hieroor wees. Om genade te betoon, is nie ‘n opsionele ekstra nie. ‘n Gebrek aan barmhartigheid teenoor ander van ons kant af, sal lei tot ‘n gebrek aan genade deur God teenoor ons.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.