... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Blou Maandag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 24:27 Maak eers buite reg en bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Blou Maandag


Download audio file

Baie mense ly aan ‘Blou-Maandag-sindroom.’ Dit is hierdie gevoel van swaarmoedigheid, van ‘n nare voorgevoel wat jou aan die begin van die week beetpak. Dit is regtig nie ‘n goeie manier om die week te begin nie.

Miskien hou jy nie van jou werk nie, of dalk is jy afgetree en die vooruitsig van nog ‘n vervelige week wat voorlê, is nie iets wat jou opgewonde maak nie. Ek is baie lief vir my werk, maar daar is dikwels dae wat ek voel ek het net te veel om te doen.

Dit is hoekom ek myself gedissiplineer het om orde uit die chaos te skep; om my agenda vas te vat deur my week te beplan. En dit, snaaks genoeg, is die perfekte Bybelse ding om te doen. Kyk wat staan in:

Spreuke 24:27 Maak eers buite reg en bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou. (NLV)

Dit is goeie raad, nè? Kry jou goed uitgesorteer, beplan die volgorde en doen die dinge in die regte volgorde. God is tog ‘n God van orde – ons gesels môre meer daaroor. Vir my werk dit baie goed as ek is vroeg elke Maandagoggend omtrent ‘n uur gebruik om my week te beplan.

Ek vra myself: Watter dinge het ek verlede week beplan om te doen, en nie afgehandel nie? Wat is die dringende dinge vir hierdie week? Watter dinge is belangrike dinge? Op hierdie manier, blok ek dit in my dagboek, en maak seker ek gee aandag daaraan. En as ek aan die einde van die week kom en sien ek het ongeveer twee derdes daarvan gedoen, is ek baie gelukkig – want dinge gebeur nie altyd soos jy dit beplan nie.

Deur die tyd te neem om jou week te beplan, verlig jy die las en dit gee jou ‘n gevoel van hoop en vrede.

Maak eers buite reg en bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou.

Dit is ‘n ongelooflike goddelike ding om te doen.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.