... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bo Alle Verwagtinge

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 2:9,12 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet..” … Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het.

Listen to the radio broadcast of

Bo Alle Verwagtinge


Download audio file

Vind jy dat jy soms rondskarrel om al die dinge op jou daaglikse lysie van take te doen? En dan eendag ontdek jy, dat dít waaruit jy altyd vreugde geput het, verdamp het.

Ons weet almal dat wanneer ‘n spons kurkdroog is, dit water nodig het om dit weer effektief te maak en dit in staat stel om sy doel te bereik. Dit is ‘n groot paradoks wat in die fisika voorkom!

Ons het seker almal al probeer om ‘n gemors met ‘n droë spons op te vee en ontdek dat dit heeltemal ondoeltreffend is. Slegs wanneer jy dit deeglik deurdrenk en goed uitdruk, sal dit herstel tot ‘n nuttige, doeltreffende spons.

Wel, miskien het jy vandag ‘n deeglike deurdrenking en ‘n goeie druk nodig om daardie onuitspreeklike vreugde in jou hart te herstel. Kyk, hier is dit in:

1 Korintiërs 2:9 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

Die apostel Paulus sê verder dat selfs die groot leiers van die wêreld dit nie “verstaan” het nie. Dit is hoekom hulle Jesus gekruisig het. Maar …

1 Korintiërs 2:12sê: Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het. 

In Christus het God reeds ondenkbare seëninge vir jou voorberei … hier en vir ewig. Laat die Heilige Gees jou vandag deurdrenk. Laat toe dat die Woord van God jou vandag onder druk plaas.

Ons moet verstaan dat ons nooit in hierdie wêreld, wat in so ‘n verskriklike gemors verkeer, sal kan verstaan hoe ondenkbaar wonderlik die hiernamaals wat vir ons wag, is nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.