... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

By die Een Oor In en by die Ander Een Uit

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 12:4-6 Judas Iskariot, een van sy dissipels, die een wat Hom sou verraai, sê toe: “Waarom is hierdie reukolie nie vir drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir die armes gegee nie?” Dit het hy gesê, nie omdat hy hom oor die armes bekommer het nie, maar omdat hy 'n dief was. Hy het die beursie gehad en het van die bydraes gevat.

Onthou jy toe jy ‘n tiener was? Destyds toe jou ouers iets gesê het en jy jou oë hemelwaarts geslaan het, en hulle goeie raad by die een oor in en by die ander een uit is?

Daardie tiener stadium is vol uitdagings, nè. Jy’s nog vis nog vlees en besig om mens te word. Ongelukkig word daardie storm en drang tyd van ‘n mens se lewe gekenmerk deur ‘n onwilligheid om te luister; ‘n onwilligheid om goeie raad te aanvaar. En dit word gebaseer op ‘n onwrikbare oortuiging dat tieners alles weet. Maar weet jy, dit geld vandag ook vir sommige volwassenes.

Ek ken ‘n Christen wat weier om die Bybel te lees. Hoewel hy in Jesus glo, het hy besluit dis genoeg. Hy weet wie hy is, God het hom lief en dis dit. Ek weet dat nie een van ons perfek is nie, maar sy gereelde woede-uitbarstings trek ‘n streep deur sy getuienis. Dit is vir almal duidelik dat hy die Woord van God – wat lewend en kragtig is en deur die Heilige Gees met ons praat – nodig het om hom hiervan te verlos. Ons lees in:

Johannes 12:4-6 Judas Iskariot, een van sy dissipels, die een wat Hom sou verraai, sê toe: “Waarom is hierdie reukolie nie vir drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir die armes gegee nie?” Dit het hy gesê, nie omdat hy hom oor die armes bekommer het nie, maar omdat hy ‘n dief was. Hy het die beursie gehad en het van die bydraes gevat.

Dis moeilik om te glo, nè. Judas was die hele tyd by Jesus en het elkeen van Jesus se boodskappe gehoor, en tog het hy gesteel; en toe op die ou end vir Jesus vir ‘n handvol silwerstukke verraai. Wat maak jy met die Woord van God? Gaan dit by die een oor in en by die ander een uit, of laat jy die krag toe om jou lewe te verander? Moenie soos Judas wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.