... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

By die Lughawe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Listen to the radio broadcast of

By die Lughawe


Download audio file

Het jy dit waarlik al in jou hart as die waarheid aanvaar, dat Jesus vir jou gesterf en uit die dood opgestaan ​​het? Het daardie waarheid al tot jou deurgedring, tot by die kern van jou wese?

Ek het nou die dag op een van die besigste lughawens ter wêreld gesit en kyk hoe mense voortstorm. Groot, klein, jonk, oud, swart, wit en elke skakering tussenin. Alle vorms en groottes en ouderdomme en agtergronde en oortuigings; dit lyk asof die hele spektrum van die mensdom by my verbybeweeg.

Terwyl ek daar sit, beleef ek net hoe Jesus iets in my hart fluister: Ek het gesterf vir elkeen van hulle. Gaan vertel hulle. Ek het gesterf vir elkeen van hulle.

Ek wonder soms of dit nie vir ons makliker is om te glo dat Jesus vir iemand anders gesterf het nie; iemand wat baie beter as ons is nie. Miskien iemand wat dit baie meer as ons verdien of iemand anders met meer kennis, wat die regte dinge glo en die regte dinge doen en die regte dinge sê?

Maar ekke? Nee, nooit, ek kan nooit aanvaar dat Hy vir my gesterf het nie. Ek kan nooit aanvaar dat Hy in my belangstel nie. Nee, ek kan nie dink dat Hy die res van die ewigheid… saam met my wil deurbring nie!

Maar in 2 Korintiërs 5:15 lees ons: En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Jesus het vir almal gesterf; vir elkeen van ons. Elkeen! Vir al die mense in daardie lughawe, vir my en vir jou.

Hy het vir ons gesterf en is uit die dood opgewek, sodat ons ‘n nuwe lewe kan lei; sodat ons ons lewens vir Hom sal leef.

Word wakker. Hy het gesterf en opgestaan ​​… vir jou!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge