... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Christen-wees Werk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 4:12,13 Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid.

Listen to the radio broadcast of

Christen-wees Werk


Download audio file

Mense wat van buite af na die Christelike godsdiens kyk, sien dit dikwels as ‘n spul ‘reëls en rituele’, eerder as dit wat ‘n kragtige verskil in jou lewe maak. Dit verbaas my nogal, alhoewel dit…nee, wag, streng gesproke, verbaas dit my nie regtig nie, omdat ék ook voorheen so gedink het.

Mense het my gevra: “Waarom het jy jou webwerf christianityworks.com genoem? Beteken dit dat die Christelike godsdiens gaan oor dit wat jy doen – jou werke? Is dit hoe dit werk? Moet jy op die een of ander manier werk en werk om in God se goeie boekies te kom?”

Nee, dit is nie wat dit beteken nie, want as jy in Jesus glo, as jy jou volle vertroue in Hom stel en glo dat Hy die prys vir jou sonde aan daardie Kruis betaal het, dan is God se guns en vergifnis gratis. Dit word genade genoem. Ongelooflik!

“So – wat beteken dit?”

Nou ja, ek dink dat as ons in Jesus glo, moet dit werk. Dit moet ‘n verskil in ons lewens maak – ‘n positiewe verskil, nie ‘n slegte verskil nie. Die geloof moet uitwerk, in goeie en slegte tye. Kyk wat geskrywe is vir Christene wat destyds geweldig gely het:

1 Petrus 4:12,13
Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid.

Weet jy ek het in sommige van die donkerste dae van my lewe,  ontdek dat hierdie Christenwees-ding regtig werk. Op dae toe ek swaargekry het … was God daar om my vertroue in Hom te herstel. God het my hart laat oorloop van vreugde te midde van my hartseer.

Glo my vry: dit werk om ‘n Christen te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge