... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Daar Steek Meer Agter As Wat Jy Dink

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 6:12 Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

Listen to the radio broadcast of

Daar Steek Meer Agter As Wat Jy Dink


Download audio file

Dink vandag ‘n bietjie terug aan die laaste keer wat die bose sy lelike kop in jou lewe uitgesteek het. Miskien was dit iets wat jy aan iemand anders gedoen het, of anderste om. Was dit konflik, onreg, of verraad? Het jy al ooit teruggestaan en jouself afgevra wat nou eintlik hier aan die gang was?

Ons doen soms dinge, slegte dinge, wat ons na die tyd glad nie kan verklaar nie. Wat het in my kop aangegaan? Waarom het ek dit gedoen? Aan die anderkant kan jy dalk ervaar dat jy, of iemand vir wie jy omgee, die slagoffer van ‘n growwe onreg is, en jy wonder: Regtig? Het dít nou net gebeur? Hoe de duiwel kon dit? En die rede waarom ons sukkel om kop-of-stert van die hele penarie uit te maak, is dat daar baie meer daaragter skuil as wat ‘n mens dink. Kyk wat lees ons in die Bybel hieroor:

Efesiërs 6:12 Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

Met ander woorde, daar is ‘n geestelike dimensie van die kwaad wat ons op eie risiko ignoreer. Dis waarom Jesus sy dissipels leer bid het: (Matteus 6:13) en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

Hierdie gebed om God se beskerming teen die geestelike magte en die bose geeste in die lug, is een van die kragtigste gebede wat ons ooit kan bid; een wat ek en jy nog baie meer dikwels moet bid.

Onthou dat presies dieselfde beginsel geld, wanneer iemand anders kwaad aan ons doen. Ons stryd is nie teen daardie mense nie, maar teen die geestelike magte van die bose, wat hulle so laat optree.

Verstaan my mooi, ek is nie een van daardie ouens wat duiwels onder elke bed en bos gaan soek nie. Maar terselfdertyd moet ek en jy die bose kan uitken, sodat ons nie deur hom mislei word nie en sodat ons kragtig teen die bose kan bid.

Dit is God se Woord. Vars… vir jou … vandag.