... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Daardie één Ding

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 15:13 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Listen to the radio broadcast of

Daardie één Ding


Download audio file

Dit lyk asof ons almal tog op die een of ander manier gemaak is om na plesier, bevrediging, vreugde, vrede of geluk of wat jy dit ook al wil noem, te smag … Ongelukkig is die probleem, dat die meeste van ons op al die verkeerde plekke daarvoor gaan soek.

Hier’s ‘n vraag: wat is die één ding in jou lewe wat ontbreek? Ek bedoel, as jy net een ding moet noem wat jy regtig graag wil hê, wat sou dit wees?

‘n Verhouding? Ek wil graag getroud wees … Ek wens ek het ‘n beter huwelik gehad … Ek wens ek kon met my twee tieners klaarkom.

‘n Beter werk of ‘n beter baas miskien? Net nog ‘n paar duisend Rand per jaar vir ‘n paar van die luukshede van die lewe? ‘n Lekker vakansie? Wat sal dit wees?

Ons het almal daardie een versugting. As ek maar net dit kon hê. . . .

Maar diep in ons harte weet ek en jy albei dat as ons daardie ding sou kry, daar net nog ‘n ander ou dingetjie op die lysie sal wees, nie waar nie? En nog een, en nog een …

Dit lyk asof “daardie één ding,” wat dit ook al in jou lewe is, nooit die vermoë sal hê, om jou totaal te bevredig nie. Want diep binne-in ons harte het God ‘n versugting geplaas – of ons dit nou besef of nie, of ons bereid is om dit te erken of nie – na iets veel groter.

Die apostel Paulus sê vir sy vriende in Rome in:

Romeine 15:13 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Dit klink vir my asof Paulus net die regte dinge vir daardie Romeinse Christene gebid het. Vreugde, vrede en hoop in die krag van die Heilige Gees.

Daardie “één ding” … dit sal jou nooit tevrede stel nie. Net God kan.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge