... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Beginsel van Vryheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:25 Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

Listen to the radio broadcast of

Die Beginsel van Vryheid


Download audio file

Vryheid beteken om te kan doen wat jy wil, wanneer jy wil, nie waar nie? Dit is mos wat ons gedink het toe ons grootgeword het. Maar dit blyk dat daar geen vryheid kan wees sonder grense, reëls en wette nie.

Jesus het gekom om vrylating van gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig. (Luk.4:18,19) Dit beteken Jesus het van Homself in Johannes 8:36 gesê: Eers wanneer die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees

Die apostel Paulus het dit so gestel in Galasiërs 5:1 Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. 

Wonderlik, uiteindelik het ons vryheid. Maar hoeveel van ons se sonde uit ons verlede is deur Jesus uitgewis, maar dan gaan ons terug en doen dieselfde dinge weer? Dit is soos ‘n misdadiger wat uit die tronk vrygelaat is om bloot voort te gaan met misdaad. Daarom het Paulus in dieselfde vers bygevoeg …

(Galasiërs 5:1) … Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.

Jakobus, Jesus se broer, het dit so gestel:

Jakobus 1:25 Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

Die volmaakte wet van vryheid is die Woord van God; God spreek sy wysheid, sy liefde en sy geregtigheid in ons lewens in. As ons net luister, sal ons nie alleen vergeet wat Hy gesê het nie, maar sal ons ook Jesus se seëninge, misloop.

Wanneer ‘n mens dit doen, sal hy gelukkig wees in wat hy doen.

Hier is dus die keuse: jy kan voortgaan met jou sonde en die gevolge van jou dade dra of jy kan die Woord van God hoor, dit ter harte neem en dit uitleef… en deur die Here geseën word vir jou gehoorsaamheid. Dit is vryheid.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.