... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Belangrikheid van Onderskeiding

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 2:7 Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan.

Listen to the radio broadcast of

Die Belangrikheid van Onderskeiding


Download audio file

Die een ding waarvan daar deesdae nie ‘n tekort bestaan nie, is inligting. En terwyl ons van alle kante daarmee gebombardeer word, is die groot besluit wat elkeen van ons moet neem: wie of wat gaan ek glo?

As jy ‘n bietjie dink aan wat vandag in die wêreld aangaan, moet jy jouself afvra, hoekom het samesweringsteorieë so belangrik geword? Hulle bestaan mos al eeue lank. Maar wat so snaaks is, is dat miljoene mense deesdae mislei word deur idees wat so verregaande en belaglik is; idees wat so opsigtelik en skokkend absurd is, dat selfs kinders dit as lagwekkend beskou.

Ons moet besluit wie en wat ons kies om te glo. Wanneer die wyse ou apostel Paulus aan sy jong dissipel Timoteus skryf oor die behoefte om vir Christus te ly, sê hy in:

2 Timoteus 2:7 Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan.

Met ander woorde, gebruik die brein wat God jou gegee het om die waarheid te onderskei. Praat met God en luister na Sy Gees, en weeg die bewyse op en kom tot jou eie verantwoordelike gevolgtrekkings.

Maar weet jy, daar rus ‘n baie groot verantwoordelikheid op elkeen van ons om te leer om te onderskei tussen waarheid en leuens. Die sosiale media met sy swak akteurs en kwaadwillige bewegings mislei miljoene mense met gefabriseerde leuens. 

Behou ‘n gesonde skeptisisme oor politiese agendas en kommersieel gedrewe inligting, want as gelowiges in Christus, het ons selfs ‘n groter verantwoordelikheid om die feite te verifieer. Bid tot God en word deur die waarheid gedryf, nie deur dogma nie. Wanneer dogma, wat altyd agenda-gedrewe is, as belangriker beskou word as die waarheid, dan is ons op ‘n baie gevaarlike plek.

Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.